Ek is die Brood van die Lewe
Tekste:
Eksodus 16:11-36
Levitikus 24:5-9
Johannes 6:47-58
Brood het groot betekenis in die Bybel. In die eerste plek was brood die stapelvoedsel gewees in Bybelse tyd, soos dit vandag nog is in baie dele van die wêreld. Brood is 'n verwysing na alle kos. Dit is hoekom ons in die Onse Vader geleer word om te sê "gee ons vandag ons daaglikse brood". In hierdie geval verwys dit na al ons behoeftes.
Terwyl die Israeliete in die woestyn was, het die Here hulle daagliks gevoer met manna en kwartels. Die interessante deel van hierdie voorsiening was dat dit slegs vir die dag se behoeftes was. Hulle kon nie kos opgaar nie. Wanneer hulle probeer het, het dit miet gekry en gestink teen die volgende oggend, behalwe op die Sabbatdag. Vir die Sabbat kon hulle die dag voor die tyd genoeg opgaar. Dit bewys aan ons dat die Here se daaglikse voorsiening die les was wat hulle moes leer. Dit was nie die inherente vergangklikheid van manna en kwartels wat dit bederf het nie. As die manna en kwartels net nie langer as 'n dag kon hou nie, sou dit ook op die Sabbat bederf geraak het. God wou hê die Israeliete moes leer om elke dag op Hom te vertrou vir Sy voorsiening. Wanneer ons opgaar begin ons roem in ons eie opgaar vaardighede en nie meer in God se voorsiening en liefde en genade nie.
Wanneer Jesus in die Evangelie van Johannes praat oor die die brood, trek Hyself 'n direkte lyn tussen die manna van die Ou Testament, wat God se voorsiening was vir die mense, vir lewe, na Homself as die Brood van die Lewe - God se voorsiening vir mense vir die ewige lewe. Soos die manna in die Ou Testament gekeer het dat die Israeliete in die woestyn doodgaan van honger, so, sê Jesus, keer Hyself dat ons in sonde sterf en vir ewig in die hel beland. As ons van hierdie Brood eet en Sy bloed drink sal ons vir ewig lewe. As ons met ons hele wese deel word van Christus en in Hom leef, en Hom toelaat om in ons te leef, sal ons nooit weer nodig hê om geestelik uit te honger en kos te soek nie. God het eens en vir altyd vir ons voorsien in ons behoefte aan vergifnis, en ons behoefte om in gemeenskap met God te kan leef. Ons vind dit in Jesus Christus en in Hom alleen.
In hierdie gedeelte uit die Evangelie van Johannes is dit interessant om te sien hoe hierdie een simbool, brood, terug wys en vooruit wys. Jesus neem die manna wat uit die antieke geskiedenis van Israel kom, en wys hoe dit oor duisende jare vooruit gewys het na Hom. Dan gaan hy verder en wys hoe Sy liggaam die Brood is en sy bloed die wyn is waarin lewe ook in die toekoms gevind sal word. Ons, vandag, gebruik dieselfde simbool in die nagmaal, om terug te wys na Christus se koms en die kruisdood wat Hy vir ons gesterf het, sodat ons kan lewe. Jesus het basies in daardie teks verduidelik hoe Hy en Hy alleen die middelpunt van die geskiedenis is. Van antieke tye af het dit oor Hom gegaan, oor wat Hy gaan kom doen. Toe het hy dit kom doen, en wat Hy gedoen het is steeds die middelpunt van ons bestaan. Jy sal sien dat ek aanhou sê "wat Hy gedoen het". Dis waaroor dit gaan. Dit gaan nie oor wat ek en jy doen nie. Dit gaan nie oor wat ek en jy kan vermag, kan opdis, kan uitdink nie. Dit gaan net oor Jesus Christus en wat Hy vir ons gedoen het. Hy het dit alles gedoen, en dat ons deel het daaraan is suiwer genade.
Daar is een ander beeld van brood waarna ons kan kyk. Daar is in werklikheid baie meer, maar hierdie Bybelstudie is net nie groot genoeg daarvoor nie. Ons kan maar net soos 'n naaldekoker oor die water se oppervlak woerts.
Terwyl die Israeliete in die woestyn was het die Here vir Moses opdrag gegee om die tebernakel te bou, die tent van ontmoeting. Die Here wou 'n plek hê waar Hy met Sy mense kon ontmoet. Hy was baie spesifiek oor die detail waarmee die tabernakel gebou moes word. Die hele tabernakel is 'n baie interessante studie en wys heen na God se verlossingsplan, maar, weereens, vir hierdie studie gaan ons net fokus op die brood.
Daar was baie spesifieke instruksies aangaande die brood. Hoe dit gebak moet word, en uitgestal moet word en wie dit mag eet en wanneer. Die brood was gesien as Heilig want dit was afgesonder vir God. Dit moes in die teenwoordigheid van die Here bly vir 'n week. Eers daarna kon dit geëet word, en dan ook net deur Aäron en sy seuns, wie ook afgesonder was vir die Here. Die ou King James vertaling praat van Shewbread in Eksodus 25:30. Dit kom van die Hebreeuse woord was teenwoordigheid beteken. Dit is ook vertaal in meer moderne vertalings soos die English Standard Version as "the bread of the Presence". Die brood was permanent uitgestal in die tabernakel, waar God teenwoordig was.
Kom ons trek daardie gedagte terug na Jesus toe. Selfs die toonbrood in die tabernakel het vooruit gewys na Jesus toe. Wanneer Jesus sê Hy is die Brood van die lewe, sê Hy ook dat Hy in die teenwoordigheid van die Vader is en deur Hom is ons ook in die teenwoordigheid van die Vader. As ons deel word van Sy kruisiging, en Hy vir ons sterf, sien God ons as perfek, want Hy kyk na ons deur Jesus se geregtigheid en nie ons eie ongeregtigheid nie. Deur Christus is ons geregtigheid gemaak, en ons kan nou ook voor God staan in Sy Allerheiligheid. Dit is wat die Brood van die Lewe vir ons kom doen het. Vir jou en vir my, vir altyd.
Om oor na te dink:
1. beteken dit vir jou en vir my dat Jesus die middelpunt van die geskiedenis is?
2. Hoe hard probeer ons tog om onsself regverdig te maak voor God en Sy guns te verdien. Hoekom vind ons dit so moeilik om net te aanvaar dat Jesus Christus dit reeds alles vir ons gedoen het?
Vinders Afrikaanse Bybelstudie
Hierdie is 'n Bybelstudie waar ons teruggan na die Bybel toe, as God se Woord, en weer die waarheid vind oor God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. On vid ine die Bybel weer die waarheid van God se reddingsplan vir elkeen van ons.
Friday, 3 February 2012
Die EK IS bybelstudie. deel 1
Voor Abraham was IS EK
Hierdie is deel een van ons Bybelstudie waarin ons gaan kyk na die sewe "EK IS" stellings van Jesus soos dit in die Evangelie van Johannes opgeteken is. Voor ons wegspring daarmee wil graag eers kyk na 'n ander " EK IS" stelling, ook in die Evangelie van Johannes, wat nie onder die sewe getel word nie, maar wat ek dink 'n baie goeie basis vorm vir wanneer ons gesels oor wie en wat Jesus regtig was. Ons vind dit in Joh. 8:58, maar as ons die konteks wil verstaan moet ons die gedeelte begin lees by vers Joh. 8:48-59 lees.
Lees ook Eksodus 3:14 "Toe sê God vir Moses: Ek is wat ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ' Ek is' het my na julle toe gestuur."
Die Kerstyd is agter die rug en ons is reg vir die nuwe jaar. Ek wil vra dat jy bietjie terugdink. Hoeveel keer deur die kerstyd het jy iemand hoor sê ek glo nie dat Jesus uit 'n maagd gebore is nie, maar dit maak nie regtig saak nie. Ons glo steeds in die wonder van die verhaal. Ons weet beter as om die verhaal letterlik op te neem, maar ons kan glo in dieselfde gees waarin dit vir ons geskryf is. Ons glo nie Hy was God nie, maar ons glo steeds dis belangrik om die geboorte te vier.
Ek kan aangaan en aangaan, maar julle weet waarvan ek praat.
In hierdie verhaal gesels die Jode met Jesus oor hulle voorvader Abraham en voel so bietjie verergd oor die idee dat Hy praat asof Hy vir Abraham beter ken as hulle. Hulle is dan kinders van Abraham. Dan gaan Jesus selfs verder, en sê: Voordat Abraham was, was ek al wat Ek IS. In die Grieks maak die woorde wat gebruik word duidelik dat Abraham 'n begin gehad het, maar die woorde wat Jesus vir Homself gebruik het, impliseer dat Hy geen begin gehad het nie, maar van altyd af bestaan. Dit is 'n eienskap van God alleen. In die Afrikaanse Vertaling is dit so vertaal dat die grammatika amper maklik lees. Vergelyk dit met 'n paar ander vertalings.
Afrikaanse Ou Vertaling
Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
King James Vertaling
Jesus said unto them, Verily, verily, I say unto you, Before Abraham was, I am.
English Standard Version
Jesus said to them, “Truly, truly, I say to you, before Abraham was, I am.”
Wanneer Jesus vir die Jode sê: voordat Abraham was Ek Is, klink dit vir ons soos 'n taalfout en baie 'kundiges' vandag voel dat dit nie regtig duidelik is wat daarmee bedoel is nie. Maar daar was by die Jode absoluut geen twyfel wat Hy bedoel het nie. Ons kan dit debateer en bespreek en wonder, maar hulle was absoluut seker. Daarom hulle reaksie: hulle het dadelik klippe opgetel om Hom te stenig. Hoe durf Hy Homself gelykstel aan God. Hulle ken die verhaal van Moses. Hulle het dadelik die konneksie gemaak en verstaan dat hierdie man besig is om te sê: Ek is God.
Ons moet Hom of glo, dat Hy wel God is, of ons moet niks met Hom te doen hê nie. Daar is geen middeweg oop tot ons beskikking nie. Hy was nie net 'n goeie mens of 'n profeet nie. Ons kan nie sy leering aanvaar as ons nie Sy Godheid aanvaar nie. Sonder om te aanvaar dat Jesus self God is, moet ons erken dat party van die goed wat Hy gesê het sommer net gevaarlik was.
As jy ooit twyfel aan die waarheid dat Jesus Christus ten volle mens sowel as tenvolle God is, bid daaroor, lees die Skrif, bid soos die pa in Markus 9:24 "Ek glo, Help my waar ek nog ongelowig is". Wat die Skrif ons leer kan ons glo. Maar moet nooit, nooit sê: dit maak nie regtig saak nie, want dit maak saak. Ons ewige heil hang af van wat ons glo aangaande Christus, die een wat in ons plek aan die kruis gehang het. As Hy net 'n mens was, soos ek en jy, het Hy sy eie sondige natuur gehad, en kon Hy nie in ons plek sterf nie. Dan was alles in die Bybel 'n klug en dan moet ek en jy ons eie ewige dood sterf vir one eie sondige natuur.
Om oor na te dink...
1. Wat sal ons antwoord wanneer mense sê Jesus was 'n goeie mens en daarom het God Hom gekies om Sy Seun te wees?
2. Verstaan jy hoekom die maagdelike geboorte 'n kardinale deel van ons verlossing is? Hoekom kon Jesus nie net as 'n man gebore word, as 'n seun van Adam nie.

Subscribe to:
Comments (Atom)